
Besigheid met Impak
Waarom het die inisiatief ontstaan?
1. Drie besighede het in die laaste jaar groot bydraes gemaak. Sonder die bydraes sou die kantoor sy deure
moes sluit. Ons begeerte was om behoorlik die besighede te bedank.
2. Ons gemeenskap is genoodsaak om na mekaar om te sien. Baie besighede het die behoefte om by te dra.
3. Ons moet ons uitgawes meer maak om ons sirkel van impak op die omgewing wyer te maak. Dis slegs
moontlik indien ons meer konstante inkoste verkry.
(Onthou asb. die voorsiening van papier per maand is ook ʼn konstante inkomste)
4. Verder sal ons graag wil help om by te dra aan die BBBEE-punte wat benodig word. CMR Standerton is op
Vlak 4.
Hoe werk BESIGHEID MET IMPAK?
Bydraes word bereken op die randwaarde per jaar, byvoorbeeld die skenking van advertensies word bereken op die waarde wat die publiek sou betaal om dieselfde te plaas in die koerant. Die koerant skenk die advertensies en daardie bydraes word bymekaar getel.
Sodra die koerant ‘n sekere kerf bereik (sien tabel A), word hulle in kennis gestel om die bord/logo aan die kantoor koördineerder te stuur. ONTHOU ASSEBLIEF DAT ALLE BORDE OP DIE PALISADE SELF AANGEBRING EN AFGEHAAL WORD. Die bord/logo mag vir ‘n jaar op die palissade, webtuiste, facebook en korrespondensie wees.
Eenkeer ‘n jaar word ‘n BESIGHEID MET IMPAK ontbyt gehou waar nuwe besighede bekend gestel word en die reeds bestaande BESIGHEID MET IMPAK sertifikaat uitgereik word.
![]() |
---|
![]() |
![]() |