top of page

Jou Impak

 

Vrywilligers is noodsaaklik – soos brood – vir enige NPO!

 

Wie kan ‘n impak maak?

 

‘n Persoon wat graag ‘n onbaatsugtige opoffering wil maak vir die mense van Standerton, Bethal en Charl Cilliers.  

 

Hoe kan jy ‘n impak maak?

 

1. Gebed

 

Gebed is die kragtigste wapen en daarsonder kan ons nie funksioneer.  Dis iets wat almal kan doen. Jy kan hier inteken om die nuusbrief te ontvang wat ons gebedsversoeke ook bevat.

 

 

 

 

 

 

2. Jou tyd

 

Ons het ‘n wye netwerk vrywilligers nodig in die volgende areas:

 

• Maatskaplike dienste: byvoorbeeld beraders, mense wat tuisbesoeke kan doen, verlening van versorging

 

• Administrasie: Rotasie sisteem om koeke te bak vir pleegsorgkinders, tikwerk en vertaling van dokumente

 

• Bemarking: Webtuiste, Kersmark en ander fondsinsamelingsprojekte 

 

  KONTAK ONS VUL IN DIE VORMS EN KONTAK DIE KANTOOR

 

 

3. Versprei die woord

 

“Like” ons op facebook, herhinner mense om hulle artikels by ons af te laai en maak deel uit van ‘n groep mense wat ‘n impak maak

 

 

 

 

 

 

4. Finansiële ondersteuning

 

Kantoor uitgawes is ‘n ongemaklike onderwerp wat niemand van hou om oor te praat nie, maar dit is realiteit vir ons kantoor om oop te bly is daar seker vereistes waarin voldoen moet word.  Jy het klaar gesien daar is verskeie projekte wat geloods word en vele mense wat afhanklik is van ons  dienslewering.

 

Om dit te vergemaklik kan jy nou ‘n eenmalige bedrag skenk of ‘n stop order teken wat maandeliks ‘n bydrae maak!  ONTHOU asseblief dat hierdie bydraes aftrekbaar is van jou persoonlike belasting.  Kontak die kantoor om jou Artikel 18(A) sertifikaat te ontvang.

 

TEKEN ‘N STOP ORDER

 

BESKERM ons Kinders... HERSTEL ons Families
Christelike Maatskaplike Raad van Standerton, Bethal & Charl Cilliers
  • Facebook Classic
bottom of page