top of page

Ons Hartklop

 

Visie van die CMR:

 

Skep gemeenskappe van uitnemendheid deur versorging en leiding. 

 

Missiestelling:

 

Verskaf Christelik gebaseerde maatskaplike voorkomings-, versorgings-, en nasorgdienste te lewer op materiële, sosiale en geestelike gebied aan alle mense in nood ongeag ras, geslag of geloof.

 

Filosofie van die kantoor:

 

• Elke persoon is uniek met sy eie potensiaal – dit kan ontwikkel word.

• Elke persoon het die reg om sy eie ingebore en aangeleerde vaardighede te ontwikkel.

• Geen persoon verdien ons oordeel nie.

• Ons is verantwoordelikheid om ons professionele kennis, insig en vaardighede wetenskaplik aan te wend tot die   bevordering van elke individu, groep,

  gemeenskap en die mensdom.

• Werk vanuit die sterktes van die individu, groep en gemeenskap

 

Doelwitte van die CMR:

 

As ‘n Christelike Welsynsorganisasie (FBO) stel ons onsself ten doel om:

 

• Professionele en effektiewe diens te lewer aan alle persone in alle omstandighed

• Administratiewe- en Bestuursfunksies te vervul wat deur toepaslike wetgewing, regulasies en kontraktuele   ooreenkomste wat van ons verwag word.

• Om gemeentes te begelei, te ondersteun en met kundigheid te bedien in die beplanning, organisering, koördinering en evaluering van hulle

  barmhartigheidsbedieding sonder om die kerke hul verantwoordelikheid te ontneem.

• Samewerking te soek en te bevorder met ander  organisasies, besighede en ook ander welsynsorganisasies.

• As skakel te dien tussen die owerheid, die kerk en nie-kerklike organisasies ten opsigte van barmhartigheidsdienslewering.

 

 

 

 

 

 

 

BESKERM ons Kinders... HERSTEL ons Families
Christelike Maatskaplike Raad van Standerton, Bethal & Charl Cilliers
  • Facebook Classic
bottom of page