
Belasting Voordele
Belasting Voordeel aan donateurs in terme van die Artikel 18(A)
CMR Standerton is ‘n FBO (Faith Based Organization) en ook ‘n geregistreerde NPO en kwalifiseer as ‘n ” Public Benefit Organisation (PBO)”. Dit gee ons donateurs ‘n belasting voordeel. Alle bona fide donasies, wat tot 10% van die belasbare inkomste mag wees, mag afgetrek word van die Inkomste Belasting soos deur die Inkomste Belasting Artikel 58 van 1962 gestipuleer.
Donasies wat kwalifiseer vir Donasie Sertifikate
1. Finansiële bydraes
Vir al die onderstaande maniere van finansiële verligting wat jy bydrae:
• Kontant of
• Tjek of
• Direkte deposito of
• EFT
• Gebruik die SKENK NOU opsie op die webtuiste
2. Donasies uit die goedheid van jou hart
Enige geskenk aan die CMR Standerton wat ‘n verskil maak op die begroting, kan getoon word as ‘n inkomste. Dit word aanbeveel dat alle strokies gehou word om dit meer akkuraat die bedrag te kwantifiseer. Voorbeelde van geskenke wat kwalifiseer:
o Nie-bederfbare kos
o Verbruiker artikels
o Nuwe klere
o Bemarking soos pamflette, plakkate, webtuiste en koerant spasie
o Nuwe kapitale items soos bv rekenaars, meubels, kopieer masjien, ens.
o Donasies van benodighede vir onderhoud van die kantoor soos verf, beligting, die reg maak van die palissade
hek, ens.
Let wel die onus berus nie op die CMR Standerton om die waarde te bepaal van die geskenk nie. SARS vereis ‘n papier spoor – hou al jou strokies en/of kwotasies wat as bewys dien hoe die waarde bepaal is.
3. Tweede handse artikels
Tweede handse artikels kwalifiseer gewoonlik nie vir ‘n Donasie sertifikaat nie, maar daar is wel uitsonderings op die reël. Indien ‘n markverwante waarde bepaal kan word byvoorbeeld die skenking van ‘n tweede handse motor, kwalifiseer vir ‘n Donasie sertifikaat. Let wel die onus berus nie op die CMR Standerton om die waarde te bepaal van die geskenk nie. SARS vereis ‘n papier spoor – hou al jou strokies en/of kwotasies wat as bewys dien hoe die waarde bepaal is.
Voorwaardes wat geld
• Die donasie moet ‘n papier spoor hê wat ge-oudit kan word. Dit moet dus getoon kan word as ‘n inkomste op die boeke van CMR Standerton voordat ‘n Donasie sertifikaat uitgereik kan word.
• ‘n Geldige posadres van die donateur is ‘n vereiste van SARS om die donasie sertifikaat geldig te maak.
• Art. 18A sertifikate mag nie uitgereik word indien daar ‘n transaksie van enige aard plaasgevind het nie
byvoorbeeld om iets te koop by een van ons veilings of markte.
Asseblief kontak die kantoor voordat die donasie gemaak word sodat ons kan help om te verseker dat jou
donasie belasting voordele vir u sal inhou. Onthou daar is voorwaardes soos neergelê deur SARS oor wat is geldig om terug te eis en die maksimum bedrag wat geëis mag word. Vir meer inligting daarvoor besoek gerus www.sars.gov.za of die gids vir ‘n meer gedetaileerde uiteensetting: