
Geskiedenis van Impak
Die Christelike Maatskaplike Raad is ‘n formele Kerklike Welsynsorganisasie wat tot stand gekom het uit die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
‘n Kort opsomming van die totstandkoming van die NG Kerk volg wat dien om die noodsaak van die CMR te verduidelik:
Jan van Riebeeck het die eerste formele NG Kerk gestig in die Kaap van Goeie Hoop in 1652.[1] In 1853 het die Nederduitse Hervormde Kerk afgestig en ses jaar later, 1859 het die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika ontstaan.[2]
Die NG Kerk se oudste sinode is die Kaap en die eerste Sinode sitting van die kerk was gehou in 1824. Vandag is daar ‘n Algemene Sinode wat verantwoordelik is vir die NG Kerk as geheel en 9 streek sinodes wat beleid en die disiplinêre kode handhaaf. Die 9 sinodes is as volg[3]:
-
Hoëveld (NG Benevolence Development) http://www.kerkweb.org/tuisblad
-
Noord-Kaapland (NG Welsyn Noord-Kaap) http://www.ngkerk.org.za/noordkaap/default.asp
-
KwaZulu-Natal (KwaZulu-Natal Christelike Maatskaplike Dienste) http://www.ngkerk.org.za/kzn/default.asp
-
Noordelike (SKDBM en CMR Noord) http://www.ngk-ntvl.com/
-
Oos-Kaapland (CMR Oos-Kaap) http://ngkok.co.za/
-
Oostelike (CMR Mpumalanga & CMR Gauteng-Oos) http://www.sinoos.co.za/
-
Vrystaat (NG Maatskaplike Dienste OVS) http://www.ngkerk.org.za/vrystaat/default.asp
-
Wes- en Suid-Kaap (BADISA) http://www.ngkerk.org.za/wesensuidkaap/default.asp
-
Wes-Transvaal (NG Welsyn Noordwes) http://www.ngkerk.org.za/westransvaal/default.asp
Om die Kerk se bestuur nog meer effektief en relevant te hou, het Sinodes verder verdeel in Ringe wat saamgestel word uit die verskeie gemeentes van die streke. Die gemeente self is verantwoordelik vir die bestuur van die gemeente en die kerkraad word verkies uit die gemeentelede.
Die kerk se vroegste hulpverlening was hoofsaaklik gemik op materiële noodlening deur voedsel, klerasie en huisvesting.[4] Dit was behartig deur die diakonale dienste van gemeentes.
Telkemale het die Kerk gereageer wanneer daar groot nood was en mense gely het as gevolg van rampe, siekte-epidemies en oorloë.[5] Die ontstaangeskiedenis van kinderhuise illustreer dit byvoorbeeld die stigting van die Langlaagte-weeshuis in 1902. 1886 het die storie van Suid-Afrika verander na ‘n sentrale tema van goud. Die ontdekking van goud in die Witwatersrand het spoedige verstedeliking beteken. Maar die fortuinsoekers is vinnig ontnugter en baie mense was in armoede gedompel.
Die Kerk het ‘n leidende rol gespeel om ‘n daadwerklike oplossing te bied aan die arm gemeenskappe. De Kok beskryf die tydperk van 1915 tot 1952 as een waar die Kerk wetenskaplik begin ondersoek instel het van die vraagstuk van verarming en die snelle verstedeliking van die Afrikaner. [6]
1932 stig die NG Kerk in die destydse Transvaal, die “Armesorg Raad” wat armoede verligting en die lewering van maatskaplike dienste gevorm het. Christelike Maatskaplike Rade (CMR) is gestig in sinodes en ringe om opgeleide maatskaplike werkers aan te stel om maatskaplike dienste te lewer. Die eerste selfstandige CMR (Christelike Maatskaplike Raad) kom in 1948 tot stand[7]. [‘n Mens kan amper hieraan dink as ‘n huwelik, waar die Kerk en die Organisasie wat die dienste lewer, trou met mekaar en dit offisieel maak.] Verwysend terug na die lys van Sinodes is die organisasies wat die dienslewering behartig in hakies aangebring. [Met ander woorde – wie is met wie getroud?]
Die “Armesorg Raad” het oor die jare verander en so ook die naam, na SKDB en CMR. Tans staan dit bekend as die NGBD (NG Diens Barmhartigheidsdiens en in engels NG Benevolence Development), met diensvertakkinge soos 13 CMRade en 8 Tuistes vir Bejaardes en Kinderhuise. Die uitbreiding van die NGBD het struktuur verleen om verskeie komittee’s en diensafdelings op die been te bring. Die behoefte het toegeneem en om te verseker dat die mense van ons land by uitstek die beste versorging ontvang, is permanente personeel aangestel wat vakkundige en professionele dienste kan lewer.
Tans is die diensafdelings wat onder die NGBD bedryf word, as volg
Dertien CM Rade, agt versorgingseenhede vir bejaardes en een uitkomstehuis. Dit definieer die NGBD van Sinode Hoëveld saam met sy susters organisies in elke sinode in Suid Afrika en Namibië as die grootste verskaffer van welsynsdienste in Suid-Afrika!
En dit is waar die CMR Standerton eindelik gebore word…
CMR Standerton se stigtersvergadering was gehou 25 Augustus 1980 in Evander. En vandaar was daar nog nooit terug gekyk om ‘n kosbare impak op ons gemeenskap te maak nie!
(DATUM) is die registrasie as ‘n welsynsorganisasie ontvang van die Department van Maatskaplike Ontwikkeling.
(1 November 2001) is die CMR Standerton geregistreer as NPO.
(DATUM) verkry die CMR Standerton ‘n PBO nommer.
:
[1] http://www.sahistory.org.za/article/dutch-reformed-church-south-african-history-online;
[2] http://www.photius.com/countries/south_africa/society/south_africa_society_dutch_reformed_churc~2452.html
[3 http://www.ngkerk.org.za/as/default.asp
[4] http://www.ngwelsyn.co.za/ngwelsyn_oorons.htm
[5] http://www.ngkerkas.co.za/wp-content/uploads/KMDR%20oorsig.pdf
[6] http://www.ngkerkas.co.za/wp-content/uploads/KMDR%20oorsig.pdf
[7] http://www.ngwelsyn.co.za/ngwelsyn_oorons.htm